Saturday, July 22, 2017

Die droom stelling / The dream statement

Dear Gracefilled Lillies,/ Liewe Genade-vervulde Lelies,


(This post is in Afrikaans)



Dis die jaar 2000. Ek begin my boek, my droom-boek.

Hoe begin 'n mens 'n droom-boek? Hoe begin jy 'n nuwe pad nadat jy reeds al jare wag vir daardie groot "iets" om te gebeur? Is God nog daar, hier...in my, by my?  Here, gee my 'n woord...'n prentjie...'n idee...'n gedagte. Here, gee my 'n droom.

Die droom stelling: 

Ek het 'n droom.

Ek het 'n verhouding met 'n baie spesiale Persoon. 'n Liefdes-verhouding. Sy Naam, die Naam bo alle name: Jesus Christus.

In hierdie verhouding is Hy die getroue Een wat nooit 'n belofte verbreek nie. Ten spyte van myself (Hosea 3), neem Hy my altyd weer terug. Sy oë is op my en sny tot in my siel. Hy sorg vir my, vertroos my, genees my siel. Hy inspireer my, leer my, bemoedig my en bederf my. Hy is alles vir my.

My droom is ....

Om hierdie verhouding in vlees ook te ervaar met die man van my hart, die een waarop ek al so lank wag en voor bid.

Stuur Hom, Here Jesus, stuur hom gou!

Dis 2017.

God het hom gestuur. Hy  het 'n naam. Hy het 'n gesig. Ek kan aan my droom vat. God is getrou. Hy hoor gebed. Hy antwoord jou hart, want jy is Sy hart.

Nou besef jy, Hy was toe al die tyd ook jou hart, in jou hart, die hele tyd die einddoel, die groot Droom...jou eindbestemming. Jesus se arms. Jesus se hart, nie net vir jou nie, maar vir alle mense.

'n Verlosser
'n Koning
Die Droomgewer.

Soek Hom,
Ken Hom,
Wag op Hom.
Hy kom
Hy kom om jou te kom haal en saam met jou die feesmaal te hou.

Maranata
Kom, Jesus, kom gou!!

______________________________

I longed for a husband, but found through my prayer journey that the King I was searching for, the Husband I longed for, was Jesus all along. He can be found, if we just look for Him. He can be heard, if we just listen with our hearts open wide.

Make a statement of faith, a statement about the dream you have in your heart and then trust God with your heart.

In every season and every step of your life, He will be right there to guide and love you.  The safest place to be, is in the arms of your Savior and the safest place to dream is sitting at His feat with His Word on your lips and His presence that surround you.



Visit Ivytree Studio to see more of what we are up to: www.ivytreestudio.co.za
Buy some of our pretty paper here
Connect with the team on our Facebook page here.
Share your Ivytree Studio layouts with us here
Join our #CreativeGirlPrint&PlayClub here
Watch our Youtube channel here.

No comments:

Post a Comment

Thank you for your comment. - GraceLilly